Dr Mac McFarlane, Staatsveearts

Die voorkoms van rooiluise  onder angorabokke is deesdae dramaties hoër. Die probleem is nou moeiliker om te beheer omdat die luise al ’n weerstand teen die organofosfateâ�� en paratiroïedâ�� dipmiddels en ander produkte op die mark opgebou het.

Die verliese in ons bedryf is groot, aangesien rooiluise die gasheerdier irriteer, wat hom laat krap, wat op sy beurt die haar beskadig, en gevolglik die haargehalte sowel as die prestasie van die bokke nadelig raak.

Rooiluise kan maklik gesien word, met die blote oog, as ’n mens net reg kyk. Hulle is beweeglik, rooierig van kleur en sowat â�¨2 mm lank.

Moenie rooiluise met blouluise of die jong larwes of nimfe  wat aan die vel sit verwar nie.Dié probleem moet egter ook aangespreek word, aangesien hulle die diere se kondisie erg kan laat verswak. Laasgenoemde is taamlik maklik om te beheer, omdat die meeste geregistreerde dipstowwe nog werk vir hulle.

Daar is nou ’n splinternuwe, onverwante dipverbinding met die naam van Extinosad op die mark wat dit vir ’n mens moontlik maak om die rooiluise op jou eiendom of onder jou diere uit te roei. Extinosad is spesifiek vir rooiluisbeheer geregistreer. Dit is veilig vir die omgewing, en so te sê glad nie giftig vir hanteerders, skeerders, werkers en diere is nie, en daar is geen onttrekkingstydperk nie. â�¨Dit werk ook goed vir die beheer en voorkoming van brommers onder jou diere.

Om die probleem doeltreffend aan te spreek moet ’n mens presies dieselfde doen vir rooiluise as wat jy sou doen as jy brandsiekte van jou plaas af wil weer. Dit beteken – 

  • dat jou heinings hulle doel goed moet dien, sodat diere van buurplase nie by jou diere kan uitkom nie; en
  • dat alle bokke (pasgebore bokkies ingesluit) tegelykertyd behandel moet word. Al slaan jy net een besmette dier oor kan dit nog steeds die hele oefening in die wiele ry.

Luise is uiters gasheerspesifiek. Die rooiluise op bokke is nie dieselfde spesie as dié op skape of ander diere nie.

 Wat Extinosad betref:

1.  Wanneer jy dip is van kritieke belang. Die beste tyd is 2 tot 6 weke ná die diere geskeer is, wanneer die haar nog kort is en wonde genees het.

2.  Al die diere moet behoorlik gedip word, in ’n gepaste dompeldip, en moet minstens twee keer heeltemal ondergedompel word aangesien die luise om die basis van die horings en om die ore aan die lewe kan bly as die dier nie behoorlik gedip word nie. Die bokke moet ± 9 meter swem.

3.  Daar moet elke keer vars dip aangemaak word en die dip moet op volsterkte gehou word:

  • Vars = 400 ml Extinosad per 1000 liter water
  • Vervanging = 600ml Extinosad per 1000 liter water

4.  Al die bokke op jou eiendom moet tegelykertyd behandel word.

5.  As daar enige nuwe bokke op die plaas aankom, moet hulle dadelik geïsoleer en behandel word, en drie maande onder kwarantyn wees. Hulle word ná die drie maande deurgekyk en miskien weer behandel voor hulle deel van die kudde kan word.

6.  Skoudiere kan by ander diere luise kry en moet behandel word wanneer hulle terug is.

7.  Vervangingsdiere moet nét uit skoon kuddes aangekoop word.

8.  Luise kan ook deur skeerders van een plaas na die ander oorgedra word. As die skeerders so pas op ’n ander boer se plaas klaargeskeer het, moet hulle by hul aankoms skoon oorpakke kry.

As jy bostaande maatreëls toepas loop jy ’n baie kleiner risiko dat jou diere  weer luise kry. Dit mag selfs moontlik wees om die luise geheel en al uit te roei.

Dit wat meer verdien omdat jou bokhaar van ’n beter gehalte is, behoort genoeg te wees om jou te vergoed vir die finansiële â�¨en bestuursinsette wat nodig is om rooiluise onder ons nasionale kudde te beheer.       

 

rooiluise by angorabokke

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs ZA Webs
web hosting by ZAWebs Hosting ZA Web Hosting

This file will be permanently deleted. Are you sure?

This record and its files will be permanently deleted. Are you sure?