Anthelmintic Drug Classification
By Dr Mackie Hobson BSc(Agric),BVSc

Tuesday, 12th August 2014

There are different drug groups with variations within each group. To simplify matters for the farmer, the different drug groups have been given numbers which are displayed on the container.  A different drug trade name does not always mean the actives are different so check these numbers to ensure you do not repeatedly use the same drugs. See article on ‘Roundworm Management’

 

GROUPS

1:Macrolytic lactones

2:Benzimidazoles (witmiddles) 

3:Imidazoles (levamizole)(koeldrankmiddles) 

4: Halogenated Salicyclanalides

5: Nitrophenols

6: Sulphonamides

7:Organophophates

8: Piperzines

9:Other (Zolvix/monepantel) 

            

Example below of drug groups contained in a dose (3+4)

 

 

  • Ensure you dose according to the heaviest animal in the group.
  • Check with your vet or drug company representative vet whether the off-license dose for goats is higher than that for sheep.  Most doses must be given at 1.5 times the dose that is recommended for sheep due to the difference in the metabolism of the goat.

 

ANTHELINTIC DRUG GROUP CLASSIFICATION:

 

GROEP 1

MAKROSIKLIESE LAKTONE (ML’S)

Die ML’s bestaan uit die avermektiene, milbemisiene en nemadektiene.

 Avermektiene

  • Abamektien
  • Doramektien
  • Eprinomektien
  • Ivermektien

 Milbemisiene

  • Milbemisien

Nemadektiene

  • Moksidektien

 

Werking:

Hierdie produkte het ʼn uitwerking op rondewurms, bosluise, myte en vlieëlarwes.

Voorheen is daar gedink dat die ML’s die vrystelling van gamma-aminobottersuur (GABA) van

sinaptosome (biologiese membrane wat sinaptiese vesels en mitokondria bevat) van die

senuweestelsel versnel het. Die reaksie het veroorsaak dat die GABA beheerde kleppe van die

chloriedkanale oopgemaak word.

Ons weet nou dat die ML’s chloriedkanale in die ongewerwelde diere open deur middel van ’n

spesifieke area waar die glutamaat-beheerde kleppe voorkom en wat anatomies naby aan die

GABA-beheerde kleppe lê. Die ML’s mag dalk ook ’n invloed op die GABA-beheerde kleppe hê.

By wurms is die senuweeverbindings (sinapse) tussen die motorneurone (senuwees wat

impulse herlei van brein na spiere om beweging teweeg te bring) die primêre teiken van ML

werking. By geleedpotiges is die primêre teiken van ML’s die senuweespierverbindings.

Die oordraging van prikkels na die spiere word verhoed en parasiete ondergaan dan

verlamming met gevolglike vrektes en verwerping van parasiete.

In soogdiere is GABA-bemiddelde senuweeoordraging beperk tot die brein, wat beskerm word

deur die bloed-brein skans. Dit is die rede waarom die ML’s ’n groot veiligheidsfaktor in

soogdiere het.

ML’s meng in met die voortplanting van parasiete deur ’n proses wat nie goed verstaan word

nie. Eierlegging van bosluise word verminder, abnormale eiers word deur wurms gelê en by

filariese wurms (bv. Parafilaria) is mannetjies en wyfies steriel.

 

GROEP 2

BENSIMIDASOLE (WITMIDDELS)

  • Albendasool
  • Fenbendasool
  • Flubendasool
  • Kambendasool
  • Mebendasool
  • Oksfendasool
  • Oksibendasool
  • Parbendasool
  • Rikobendasool
  • Triklabendasool

Werking:

Meeste van die bensimidasole dood rondewurms. Van hulle het ook ʼn effek op melklintwurms,

asook volwasse slakke.

Triklabendasool is die uitsondering omdat dit op onvolwasse, sowel as volwasse

lewerslakwurms ʼn uitwerking het.

Die bensimidasole bind met nematode (wurms) se tubulien, wat die vorming van mikrotubuli

verhoed. By liggaamstemperatuur van soogdiere het die bensimidasole ’n baie hoër affiniteit

vir nematode se tubulien as vir soogdiere se tubulien. Weerstandbiedende parasiete se

tubulien het ’n baie laer affiniteit vir bensimidasole.

Bensimidasole is-

· Eierdodend, 1 uur na dosering

· Meer doeltreffend in herkouers as hulle eers uitgehonger word

GROEP 3

IMIDASOTIASIOLE (KOELDRANKMIDDELS)

  • Levamisool

Werking:

Levamisool beheer rondewurms.

Levamisool hidrochloried verlam die nematodes. Verlamming word veroorsaak deur

aanhoudende spiersametrekking. Levamisool is ’n ganglion stimulant.

Levamisool stimuleer die immuniteit in veral ou en kroniese siek diere.

TETRAHIDROPIRIMIDIENE

  • Pirantel
  • Morantel – metiel ester analoog van pirantel

Werking:

Is ’n neuromuskulêre blokkeringsmiddel in nematode. Veroorsaak paralise as gevolg van

spiere wat saamtrek. Die aksie is onomkeerbaar.

 

GROEP 4

SALISIELANILIEDE

  • Klosantel
  • Niklosamied
  • Oksiklosanied
  • Rafoksanied
  • Resorantel

Werking:

Salisielaniliedes het ʼn uitwerking op bloedsuiende rondewurms, lewerslakwurms en

neuswurmvlieglarwes.

Sekere aktiewes in hierdie groep het slegs ʼn uitwerking op lintwurms en peervormige

maagslakwurms.

Salisielaniliedes bind met die plasmaproteïenes, veral albumien. Die manier van aksie is nie

presies bekend nie, maar in bloedsuiende parasiete (haarwurm en lewerslak) word die

oksidatiewe fosforilasie in mitokondria ontkoppel. ATP sintese word verhoed deurdat daar

ingemeng word met die mitokondria se deurlaatbaarheid. As gevolg van hierdie inmenging

het die parasiet nie genoeg energie vir noodsaaklike prosesse nie. Lewerslakke toon paralise,

hou op vreet, en verloor hulle posisie in die galbuise.

  • Niklosamied

Werking:

Lintwurms kan nie glukose opneem nie en ontkoppeling van die oksidatiewe fosforilasie proses

vind in die mitokondria van lintwurms plaas. Die Krebsiklus word geblok en melksuur samel

aan, wat die parasiet laat vrek.

Die dooie lintwurms word verteer as hulle uitgeskei word.

GROEP 5

FENOLE

  • Nitroksiniel

Werking:

Nitroksiniel is aktief teen volwasse lewerslakwurms, haarwurm, haakwurm, knoppieswurm,

parafilaria en neusvlieglarwes.

Nitroksiniel ontkoppel oksidatiewe fosforilasie in warmbloedige diere.

GROEP 6

SULFONAMIEDE

  • Klorsulon

Werking:

Klorsulon is ’n benseen sulfonamied. Hierdie aktief beheer volwasse lewerslakwurms (ouer as

14 tot 16 weke. Die middel inhibeer die energiemetabolisme van die parasiet en hulle gaan

dus dood.

GROEP 7

ORGANOFOSFATE

  • Trichloorfon

Organofosfate beheer sekere rondewurms en neusvlieglarwes.

Cholienesterase inhibeerder wat die opbou van asetielcholien veroorsaak met gevolglike

aanhoudende stimulasie van die senuwee-eindpunte. Dit lei tot spastiese paralise van die

parasiet en die normale peristalse van die derm verwyder die parasiet.

GROEP 8

ISOKINOLIENE

  • Prasikwantel

Werking:

Middel word baie gou opgeneem deur lintwurms en bilharzia parasiete. Vakuoles ontstaan in

die parasiet en veral in die skoleks en eerste gedeelte van lintwurms. Selmembraan meer

deurlaatbaar vir kalsium en spierverlamming ontstaan.

Die vakuoles bars oop en witbloedselle dring parasiet binne en parasiet begin oplos binne 4

uur na behandeling.

 

 

GROEP 9

Aktiewes wat nie in groepe ingedeel is nie

 

Die klassifikasie waarvolgens die effektiwiteit van die middle teen RONDE-en SLAKWURMSOORTE:

  • Beheer:

Dit beteken dat die middel meer as 90% van gemelde ronde- en

slakwurmsoorte dood. Die wurm se ontwikkelingstadia word aangetoon as volwasse of

onvolwasse stadia. In die geval van lewerslakwurms word die ouderdom van die

onvolwasse stadiums ook aangedui.

  • Behulpsaam in die beheer:

 Dit beteken die middel dood 60 tot 89% van bogenoemde

wurmsoorte.

 

Die klassifikasie waarvolgens die effektiwiteit van die middle teen LINTWURMS:

  • Klas 1:

beteken 100% van lintwurmkoppe word in meer as 80% van die

lintwurmbesmette diere wat behandel is, verwyder.

  • Klas 2:

 beteken 100% van lintwurmkoppe word in meer as 60% van die

lintwurmbesmette diere wat behandel is, verwyder.

  • Klas 3: beteken 100% van lintwurmkoppe word in meer as 50% van die

lintwurmbesmette diere wat behandel is, verwyder.

  • Klas X: beteken die wurmmiddel werk nie genoegsaam om ʼn aanspraak te verkry nie.

 

Verwysings:

FaffaMalan

Adams, R.H. 1995

Veterinary Pharmacology and Therapeutics – 7th ed. Lowa state University Press

© SA Mohair Growers - 2024 | Links | Anthelmintic Drug Classification

Website Design and Search Engine Optimisation (SEO) by ZAWebs Designs | Web Hosting by ZAWebs Hosting